Chris Hani

Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Chris Hani

Sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party‎
Ampstermyn
1991 – 1993
Voorafgegaan deur Joe Slovo
Opgevolg deur Charles Nqakula

Persoonlike besonderhede
Gebore Martin Thembisile Hani
28 Junie 1942
Cofimvaba, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 10 April 1993
Boksburg, Transvaal, Suid-Afrika
Politieke party Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party‎

Chris Hani (28 Junie, 1942 - 10 April 1993) 'n voormalige algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en militante leier in die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), is in 'n sluipmoord deur wit regsgesindes om die lewe gebring in 'n klaarblyklike poging om die oorgang na demokrasie te ontwrig.

Onder die leierskap van Nelson Mandela en ander gematigde leiers is die land egter nie in 'n hernieude rassestryd gedompel oor Hani se dood nie, maar is daar eerder gefokus op die uitvoering van Hani se ideaal van die verbetering van die lot van agtergeblewe swartmense. Die moontlike onrus wat gedreig het om op sy dood te volg, het wel druk op die Nasionale Party geplaas om onderhandelinge met die ANC oor 'n oorgangsregering te versnel. Slegs 'n paar weke ná Hani se dood is die datum vir die eerste demokratiese verkiesing vasgestel.

Hani was bekend daarvoor dat hy ná sy terugkeer uit ballingskap die land deurreis het om hom te vergewis van die probleme van gewone mense, vir sy integriteit en die feit dat hy kritiese debat in die ANC aangemoedig het ongeag of dit sy posisie in die party sou skaad of nie.

Aan die ander kant is hy dikwels in die media uitgemaak as 'n politieke "valk" wat die gewapende stryd bo onderhandelinge verkies het. Sommige politieke kommentators het egter uitgewys dat hy moontlik eerder besef het dat onderhandelinge op sigself nie 'n transformasie tot stand sou bring nie, tensy dit gerugsteun was deur voortgaande politieke mobilisasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search